Picture book
"Hierdie lieflike storie oor 'n bang olifanttjie leer kinders dat elke emosie geldig is, en dat moed vir elkeen van ons anders lyk."--Publisher's description.
"Hierdie lieflike storie oor 'n vriendelike klein sebra leer kinders dat elke emosie geldig is, en dat ons empatie en respek in alle situasies kan toon."--Publisher's description.
"Lea hou so min van skool dat haar magie sommer pyn. Niemand by die skool wil met haar speel nie. Juffrou kondig 'n kunswedstryd aan . miskien is daar ander maatjies wat ook soos Lea hou van teken?"--Publisher's description.
"'n Aangrypende prenteboek oor veerkragtigheid, identiteit en familieliefde. Elke oggend wanneer Ta'mkhulu Zinzo help om sy skoene te blink, herinner hy hom dat hy groot skoene het om te vul."--Publisher's description.
"Ontmoet Lisa Liefbesie, 'n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die groot plaas waar sy woon. Maar op haar verjaarsdag gebeur iets skrikwekkends – haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos!...
"In die dorpie Groenberg woon almal gelukkig saam. Die inwoners werk hard om die omgewing mooi te hou en hul landerye dra gereeld groot oeste. Maar op 'n dag verander alles toe 'n reusagtige figuur agter die groot berg teenaan die dorp verskyn … en die...
"Hierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid."--Publisher's description.
"Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies 'n limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet."--Publisher's...
"Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie."--Publisher's description.
"Hierdie lieflike storie oor 'n hartseer leeu leer kinders dat elke emosie geldig is, en dat moeilike situasies ons kan help om ons innerlike krag te vind."--Publisher's description.
"Hierdie lieflike storie oor 'n vurige klein meerkatjie leer kinders dat elke emosie geldig is, en wat die belangrikste is, is hoe ons reageer op wat ons voel."--Publisher's description.
"Daar is iets wat Wolfie baie graag wil hê, maar dit is baie duur. Hy moet sy maanmunte spaar! Wolfie werk hard."--Publisher's description.
"Dalk voel dit of jy vir almal in jou lewe moet ja sê. Dalk neem jy verantwoordelikheid vir ander se emosies en probleme. Of dalk fokus jy so baie daarop om liefdevol en onselfsugtig te wees dat jy vergeet het waar jou eie beperkings lê. Of is dit alles dalk...
"Die geskenk is die bekende skrywer Riette Rust se ontstellende, diep menslike en soms selfs skreeusnaakse memoires."--Publisher's description.
"Openbaring is ‘n inspirerende reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes – C. Johan Bakkes en sy reisgenote trotseer die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en ‘n bestaan maak, in onderskeidelik die snerpende Siberiese koue en die...
"Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en te hanteer. Dit sluit in vroeë waarskuwingstekens, al die eienskappe, asook 'n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy met 'n narsis te doen het. Of dalk self een is."--Publisher's...
"As jong seun besluit hy hy het genoeg mishandeling gehad en loop weg. In Walvisbaai kry Johnny kans om heel te word. As jong volwassene skryf hy en sy sangmaat Vivian in vir 'n sangkompetisie, hulle wen en so skop sy TV-loopbaan af. Vandag is Johnny 'n...
"Hier is oudergewoonte heerlike, avontuurlustige vertellings oor ver én naby reise, propvol humor, en nooit sonder deernis vir die medemens nie."--Publisher's description.
"StorieKos is veel meer as net nog n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome. Dit is n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir "peasant food" of plattelandse kos deel -...
"In hierdie bygewerkte weergawe van die klassieke topverkoper Kweek Kinders met Karakter gebruik Hettie bome as 'n metafoor vir elke mens se besonderse potensiaal om te groei en vrugdraend te wees."--Publisher's description.
"Hy was sestig toe hy die eerste keer op 'n motorfiets geklim het. En so begin daar 'n splinternuwe fase in Leon Coetzee se lewe. Ná 'n lang loopbaan as prokureur waarin hy sy dae met regsdokumente en in howe deurgebring het, ontdek hy die vryheid wat die...
"Hykie Berg, bekende akteur, topverkoperskrywer en entrepreneur, gee praktiese riglyne oor hoe jy suksesvol kan leef. Hykie inspireer jou en gee raad oor hoe ook jy jou drome kan waarmaak."--Publisher's description.
"Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe van mishandeling deur 'n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022 geskok en aangegryp. 'n Vrou staan op is die vervolg op die blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe."--Publisher's...
"Dana Snyman reis land-in, op soek na sekerheid en lig. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof. In hierdie bundel verken hy veral...
As 'n jong seun wat kaalvoet en vry grootgeword het op sy ouers se sitrusplaas in die Oos-Kaap, sou Ian Roberts nooit kon dink dat hy eendag ‘n ikoon van die silwerskerm sou word nie. Vandag nog herken mense hom as die taai Bittereinder Sloet Steenkamp van...
"Die teregstelling van Jopie Fourie was nog altyd 'n emosionele en sensitiewe onderwerp in Afrikaner-geskiedenis. In hierdie biografie werp Albert Blake nuwe lig op die lewe en dood van hierdie omstrede figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Vir baie...
"Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike reisstories deur 46 skrywers byeen, o.a. Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, C. Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de...
"Verken die wêreld van lugbraaiers met celeb-sjef Herman Lensing en ontdek hoekom dié veelsydige toestel jou nuwe beste vriend is."--Publisher's description.
"Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren span weer saam om ‘n uitsonderlike publikasie van vegan geregte saam te stel."--Publisher's description.
"Hierdie boek is 'n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is 'n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie...
"Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd 'n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en 'n volledige stel maklike en smaaklike resepte wou...
"Dié diabetes-leefstylgids, wat oorspronklik in Engels verskyn het en waarvan meer as 40 000 eksemplare wêreldwyd verkoop is, is 'n onontbeerlike hulpmiddel vir enigiemand, van jonk tot oud, met Tipe 1- of Tipe 2-diabetes."--Publisher's description.
"Aletté-Johanni Winckler is 'n sakevrou, entrepreneur, skrywer en moeder van vier. Sy is ook die eggenoot van Heinz Winckler – die bekende sanger en kerkleier van LoveKey gemeente in die Wes-Kaap. Aletté-Johanni het in joernalistiek gegradueer en het...
"Meer as 'n honderd oud-troepe vertel wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop,...
"'n Omnibus met drie van Elsa Winckler, wat al vier keer die ATKVWoordveertjie vir romanses gewen het, se gewildste liefdesverhale wat voorheen afsonderlik verskyn het."--Publisher's description.
"Een voet innie kabr is a short story collection written in Kaaps and the Cape Muslim vernacular. You can taste the koesiestes and hear the sounds of this community, musky and sweet as the riches out of heaven. Gaireyah Fredericks's debut collection captures...
"Lekespeurder Ludo Labuschagne sit saam met 'n vriendin af na die Overberg. Kort voor lank verdwyn mense daar tussen neus en ore. Net om weer hul opwagting te maak. As lyke . Die spanning kring uit. Aanvalle. Afpersing. 'n Berekende blik agter 'n gemoedelike...
"Jou vyand is nader as wat jy dink. Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is...
"Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer 'n geheimsinnige moord.Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek? Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op die gewilde Die fantastiese Mevrou Smit,...
"Slegs die dooies kan swyg soos die graf . In 2009 word Stellenbosch geruk deur 'n sensasionele moord. Vanessa Wessels, dogter van 'n welgestelde familie, vermoor haar studentemaat, maar swyg soos die graf oor die voorval. "--Publisher's description.
"Engele in Kosmoslaan is die opvolger van die topverkoper Die vroue van Kosmoslaan wat die stories van die inwoners van Kosmoslaan vertel. Hierdie hegte vriendskappe en gesinne se verhale kruip diep in die lesers se harte in. Hierdie is die tweede boek van die...
"Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag 'n familielid van Lou se eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere wat in Hongarye op 'n wynlandgoed naby Boedapest...
"Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy was een van baie siele wat onder Floors Heiberg se verroeste bywonersdak gewoon het. Vanuit die uiterste omstandighede het sy steeds daarin geslaag om op akademiese en sportgebied te...
"25 kortverhale, die een sondiger as die ander, sal die leser vermaak, ontroer, laat naels kou en dalk selfs laat glimlag. Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede voortspruit: hoogmoed, gierigheid, wellus, afguns,...
"Hierdie is die universeel, eg menslike verhaal van ʼn klein gemeenskap met eie wegsteekdinge, mense vir wie God in die worsteling van hul bestaan soms net ʼn skrale wete is."--Publisher's description.
"Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal. Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke...
"Emma dra verskriklike verwyte in haar binneste rond. Sy het iets vreesliks gedoen en dit kou aan haar. Sy voel al klaar moeilik om lief te hê met haar mollige lyf en haar vaal gelaatstrekke."--Publisher's description.
"Die verdwyning van 'n doodgewone ou wat verskriklike dinge oorgekom het - en 'n nog erger ding aangevang het - en sy drome oor 'n eiland en 'n eienaardige waterwese . en 'n nuwe begin. Elke voortvlugtige is 'n ontdekkingsreisiger en elke reisiger 'n...
"Loek Cloete se pogings om hom uit sy benarde posisie los te wikkel lei hom na Engeland waar hy 'n enigmatiese meisie en 'n suinige Engelsman ontmoet. Die gebeure loop onkeerbaar uit op 'n leeujag in Suid-Afrika, waarin 'n tuisgemaakte spies die hoofrol speel....
Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is 'n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind - een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Maar die bedreiging...
Was this page useful?
To ask for help or information, contact us.